Wat het van die Tug geword?

Daar is reeds onder ‘n ander besprekingspunt gevra of die kerk nog aan die ware kenmerke voldoen. Dààr is net na artikel 29 van die NGB, wat die kenmerke saamvat verwys. Wanneer van nader na die betrokke Skrifgedeeltes gekyk word, dan sien ons dat die Woord verkondiging, wat die eerste kenmerk is (Gal. 1:8 en 1 Tim.3:15), nog is sekere kerkverbande suiwer tot redelik suiwer is. Daar is die uitvalle ook.

Die tweede vereiste naamlik dat die sakramente suiwer bedien moet word (o.a. Hand. 19:3-5 en 1Kor.11:20), begin die sake lelik skeef loop. Die doop is al baie lank ‘n debat, maar die nagmaal word dit toenemeng. Dit is asof predikers en gemeentes daarmee eksperimenteer om elkeen ‘n eie karakter daaraan te gee, totaal strydig met die Woord!!

Wanneer ons by die tug as derde kenmerk kom, (Jes. 29:13; Mat.15:9; Gal.5:1 en vele ander uit die konteks) is dit duidelik dat baie, wat aan hulleself die term, kerk toe-eien, dit nog nooit toegepas het nie of baie lanklaas.

Die Woord leer dat as die sakramente bedien word, wetende dat daar volharding in die een of ander sonde is, God toornig word vir die hele gemeente!! (1Kor.10:19-22 en 11: 34(bestudeer gerus die hele 10de en 11de hoofstukke) tesame met talle voorbeelde deur die hele Woord heen)

Wanneer nou in ag geneem word dat byvoorbeeld,  kerke weet van talle lidmate wat  die feesdag van die NT, die eerste dag van die week, Sondag, gebruik vir eie gewin en hulle steeds aan die tafel toelaat, of weet van die feit dat Bybelse waarhede in die skole vir onwaar gereken word en verdraai word, maar die nagmaal word steeds bedien, is God nie toornig op die gemeentes van die volk nie? Is dit nie die rede vir die sake waaroor so in gemeentes gekla word nie?

Daar sal in elke gemeente ernstig hieroor besin moet word sodat ons ons bekeer en regmaak wat verkeerd is. Ons mag tog nie nét aanvaar nie!!

5 Responses to Wat het van die Tug geword?

  • admin:

    Is dit vir jou moontlik om vir my een of twee Bybel verse in Afrikaans te noem, ek sal dit gaan oplees. 2) Wat is doe Bybel se vereistes oor hoe die tug dan toe gepas moet word? Kan jy dit vir my prakties verduidelik sodaat ek dot kan verstaan en oordra in Engels, asseblief? Willa Olivier

    • admin:

      Die belangrike om te onthou is dat God van Sy kinders verwag om na mekaar om te sien, ons moet verantwoordelikheid vir mekaar neem. Hiervoor is daar baie voorbeelde wat jy te lees gekry het in die dokument. Kom ons kyk na een uit die OT en een uit die NT.

      In Josua 7 waar Agan die bangoed uit jerigo gesteel het, val Josua op sy gesig en smeek by God, hy voel uitgelewer. In vers 10-12 antwoord God hom met die woorde: ” Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?
      Jos 7:11 Israel het gesondig en het ook my verbond oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
      Jos 7:12 En die kinders van Israel sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle sal hul vyande die rug gee, omdat hulle self ‘n ban geword het. Ek sal nie meer met julle wees tensy julle die ban onder julle uit verdelg nie.”

      Dit is duidelik dat Josua nie van die gesteelde goed geweet het nie, maar God gee hom ‘n onsimpatieke antwoord: ” Staan op; waarom tog lê jy op jou aangesig?” Want God hou die volk verantwoordelik en vir Josua wat Hy aangestel het in die besonder. Iemand moes Agan gesien het! Dink mooi aan die situasie op die slagveld, met krygsgereedskap in die hande tussen al die ander krygers, Hoe dra jy daardie goud en silwer weg sonder dat iemand jou sien. God laat 36 manne sterf, dit is nie hulle wat gesteel het nie, maar iemand moes weet en het nie vir Josua gesê nie. God maak dit duidelik dat solank die ban(tug) nie uitgevoer word nie, Hy Israel sal uitlewer. God se groot eis aan sy kinders is gehoorsaamheid.

      In die NT staan hierdie saak baie duidelik geskryf in 1 Kor. 11: 34: ” en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie.” Die KJV sê: ” And if any man hunger, let him eat at home; that ye come not together unto condemnation.”

      As julle hierdie insettinge wat ek julle gee oor die Nagmaal wat Paulus pas klaar beskryf het, nie so nakom nie, as julle anders doen, word ek vir julle samekoms toornig. Dink nou weer terug aan die manne by Ai.

      Die uitvoering daarvan wil nie en moet nie ingewikkeld wil wees nie. Mat. 18: 15-18 spel dit duidelik uit. As jy weet ek is besig met ‘n sondige saak, moet jy my kom sien en die stappe volg soos dit daar staan. Die aangesteldes, die ampsdraers het die besondere verantwoordelikheid om toe te sien dat hierdie proses gebeur. Soos in Josua se geval sal dit nie ‘n verskoning wees om te sê dat hulle nie geweet het nie. As dit werklik ‘n geheime sonde is eet en drink die skuldige ‘n oordeel oor hom-/haarself. Oor die meer openbare sondes kan jy net weer die inleiding wat hierbo geskryf is, weer lees.

  • My brother recommended I might like this web site. He was totally right. This post truly made my day. You cann’t imagine just how much time I had spent for this information! Thanks! cheap web hosting | cpanel hosting |

  • Hey! My roommate has recommended me to read your resource. And I’d like to say that I really like what you’re posting here.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>