Voldoen ons kerke nog aan die vereistes van ware kerk?
Voldoen ons kerke nog aan die Bybelse vereistes van kerk wees? Hierdie vereistes word saamgevat en beskryf in artikel 29 van die NGB.
Geleerde kerkleiers het al prontuit verklaar: nee, want daar is nie meer tug nie. Met tug word tog duidelik nie na die sporadiese enkelinge verwys wat dan en wan getugtig word na, byvoorbeeld ‘n egskeiding nie, maar na tug wat nie die nagmaal bedien as daar nie alles gedoen is wat moontlik is om die erediens by te woon nie, na ouers wat getugtig word omdat hulle opstandige kinders grootmaak of oor russie tussen lidmate en mense in hul lewens. Lidmate wat die dag van God, die eerste dag (Sondag) nie vir Hom afsonder nie, maar besigheid doen. Lidmate wat toelaat en vrede maak dat die onbybelse leermateriaal van die openbare skole aan hulle verbondskinders geleer word.
Eintlik is die antwoord voor die hand. Nee die kerke voldoen nie meer daaraan nie. Maak lidmate nou vrede met hierdie toedrag van sake of het hulle ‘n tevredenheid in die soort argument dat ‘n mens nou maar die beste moet soek en, al voldoen dit nie meer nie is dit dit nou maar reg, of gaan dit reggestel word?

Nee, ons kerke voldoen lankal nie meer aan die vereistes van ware kerk nie, en dan praat ek spesifiek van die vier Afrikaanse kerke. Die gebrek aan tug is beslis ‘n bron van kommer. Kerkleiers (predikante, ouderlinge en diakens) is te bang daadwerklike optrede teen lidmate sal die kerk laat leeg loop. Maar is dit in wese dan nie die regte wyse van optrede nie? Want nou raak die kerk ontslae van die huigelagtiges, die skyngelowiges en die wat net kerk speel. Kerkleiers wat ewe sterk oor die saak voel, behoort hulle lidmate in kennis te stel dat dit van nou af streng toegepas gaan word, en as die optredes vanaf sinodale kant af bevraagteken word, stig ons bloot ‘n nuwe kerk wat die ware Christelike waardes en Woord van God streng handhaaf. Lidmate word ook hiervolgens gekeur, en kom ons vergeet van ras. Die enigste apartheid wat moet bestaan is die apartheid tussen die kinders van die lig (ware gelowiges) en die kinders van die duisternis (die godloses). Ons behou die historiese geskrifte en liturgië en natuurlik die taal. Ek is gereed vir die stap en sal die meeste van my gemeente met my saamneem. Hoe en waar word ‘n nuwe kerk registreer? Seënwense. Christiaan, Pietermaritzburg.
Goeiedag Christiaan,
Dankie vir jou reaksie. Kan ek aanneem dat jy die hoofartikel “Volkshervorming” ook gelees het? Dit is belangrik, want as ons by die punt is dat ons nie kan regmaak wat ons het nie, moet ons seker maak dat wat ons oor begin eerstens sélf voldoen aan al die vereistes en tweedens da ons, sover moontlik seker gemaak het ons val nie weer in dieselfde dwaaling nie.
Ek weet nie of dit belangrik is om ‘n kerk te registreer nie, vir ons ….. nee. Ons Vader in die hemel weet van ons en dit is vir ons gemeentetjie genoeg. Wanneer jy in die wêreld kyk wat gebeur is die tendens dat geregistreerde kerke wettig is, maaar hulle word aan sekere voorwaardes gebind, wat gepredik mag word en wat nie. Die nie gerigistreerdes is dan onwettig, maar dit is daar waar die ware Evangelie verkondig word. Dank die Vader ons is nog nie daar nie, maar volgens Openbaring kom dit tog vir die hele wêreld, ons weet nie wanneer nie, maar die tekens is onheilspellend.
That’s more than sneilsbe! That’s a great post!
We weensn jullie Gods Rijke Zegen en sterkte toe bij jullie ‘nieuwe levensverandering’.Dit roept bij mij mooie herinneringen op uit mijn jeugd toen ik in 1966 samen met Vera bij OM was.(De eerste OM-conferentie in Europa). Maar in het bijzonder omdat ik toen 2 maanden bij een OM-team in ITALIË was. (samen met Lesly Message, die toen alleen nog maar Engels sprak).Groetjes ook van Vera.
AKAIK you’ve got the awnser in one!
Ons moet oppas om nie Galasiërs 3:28 te vrrdeaai om polities korrek te wees nie. Die ou vertaling sê DAAR (in die hemel) is nie meer Jood of Griek nie. Die nuwe vertaling en die liberaliste sê HIER (op die aarde) is nie meer Jood of Griek nie
Al hierdie afwykings van God se Woord in kerke en mense en in ons volk se lewens is slegs simptome van die afwesigheid van wedergeboorte en ‘n groeiende intieme verhouding met God!
Slegs wanneer jy tot bekering gekom het en jou nuwe lewe begin, hunker jy meer na God se Waarheid en streef jy na heiligmaking. Ek verwys na die bekering wat Jesus in Johannes 3 vir Nikodeumus verduidelik – NIE geloofsbelydenis met sondagskoolgraduasie NIE en ook nie mensgemaakte metodes of kitsoplossings nie!
Slegs dan WIL jy, uit dankbaarheid, God gehoorsaam. Dan raak dit vir jou ook moontlik om Hom in alles en Sy gebooie en instruksies te gehoorsaam deur die krag van God se Gees in jou. Om dit uit jou vlees te doen is onmoontlik!
Die vrugte van die Gees is ook net teenwoordig in Geesvervulde kinders van God – dis nie iets wat jy in jou vlees kan regkry nie – inelkgeval nie vir baie lank nie. Vrugte van die vlees is wel teenwoordig in onbekeerdes.
Maar wedergeboorte word nie gepreek nie. Dat God se genade alles bedek is wel ‘n leuen wat graag gepreek word – dis die groen lig vir Afrikaners om te doen wat hulle wil en sonde nie as sonde te sien nie. Lees Judas:2-7!
Kerk is bloot ‘n tradisie en God deel van ‘n kultuur vir die meeste Afrikaners. Hierdie kerke laat ook nie ruimte vir getuienisse van bekeerdes nie. So die Almag en Krag van Jesus se kruisiging is vir die meerderheid volksvreemd!
Die dat daar so baie in ons volk is wat hulleself Christene noem, maar so min wat OPREGTE VOLGERS VAN CHRISTUS IS!!!
Wie een kamer veraalt zal, al is het na zoeken en lopen door lange gangen, een nieuwe kamer vinden en betreden. Al dan niet door een open deur.Mooi geschreven en vooral ook, mooie website!
I just want to mention I am all new to blogging and actually savored this web blog. Most likely I’m want to bookmark your blog . You really come with excellent articles and reviews. Kudos for sharing with us your website page.
Thank You
Ja, ons Here leef en Hy praat met ons deur sy Woord! Sy Gees maak dit lweend.