Implikasie van die Gelofte van 16 Desember
Die implikasie van dié Gelofte is tog duidelik nie nét die nakom van die dag nie, maar dat van Geloftedag tot Geloftedag as Godsvolk geleef sal word. Ons sal vir God ‘n huis stig. Die Trekkers het sover hulle getrek het op elke dorp ‘n kerk gebou. Dit is die uiterlike, maar wat het van die inhoud van kerk, ‘n Godsvolk of huishouding geword?
Met reg kan geredeneer word dat vroeër veel meer daarvan sigbaar was, hoewel ons sedert die verdeling van die Gereformeerde kerke en die Hervormde kerk ’n verdeelde huishouding was en al hoe meer geword het.
Hoe verantwoordelik staan die kerke nie wat die tug gaande weg al hoe meer laat verval het?
